Stad Whk chaos: Kenner sê koalisies werk nie

Die Stad Windhoek het steeds nie politieke leierskap nie, na drie gepoogde verkiesings van ampsdraers gekanselleer is weens ‘n gebrek aan kworum. Die Omuthiya-dorpsraad is in dieselfde bootjie en is ook sonder leierskap sedert die vorige leiers se ampstermyn meer as ‘n maand gelede tot ‘n einde gekom het. Volgens IPC-raadslid Nghipudilo yaShiindi het die raad ook agter geraak met vergaderings en slegs sewe van die vereiste tien is in 2023 gehou. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met professor Nixon Kariithi, ‘n kenner van Afrika-aangeleenthede en mediastudies, wat sê koalisies werk nie soos hulle moet nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *