Suid-Korea se Yoon oorleef net-net

Wetgewers in Suid-Korea het net-net versuim om die land se president in ‘n staat van beskuldiging te stel oor sy kortstondige poging om krygswet af te kondig. ’n Wetsontwerp om Yoon Suk Yeol te sensuur, het vyf stemme minder gekry as die 200 wat nodig was om te slaag, met baie parlementslede in die regerende People Power Party wat die stemming geboikot het. Die Yonhap-nuusagentskap berig dat die voormalige minister van verdediging, Kim Yong Hyun, vandag deur Suid-Koreaanse owerhede gearresteer is vir sy beweerde rol in die krygswetverklaring.