Sewes: Blitsbokke dring deur na halfeindstryd
Die Blitsbokke het deurgedring na die beker-halfeindstryd van die Kaapstad Sewes met ‘n oortuigende 29-5-oorwinning oor Argentinië in hulle laaste groepswedstryd in die Kaapstad Stadion. Die naweek se verkorte formaat beteken die wedstryd was in werklikheid ‘n kwarteindstryd, met net die groepswenners wat deurdring na die beker-halfeindstryd. Die Blitsbokke kom vandag te staan teen Spanje, met Fidji en Frankryk wat mekaar pak in die ander halfeind. Suid-Afrika het vroeër Ierland 36-7 in hulle aanvangswedstryd ore aangesit.