Welwitschias sien uit na die volgende drie nawekeJune 11, 2025
Die Welwitschias het drie belangrike naweke wat voorlê. Hulle takel Uganda Saterdag op Walvisbaai, die Airlink Pumas volgende naweek in die hoofstad en dan Italië daarna, alles ter voorbereiding vir die kwalifiserende reeks vir die 2027 Wêreldbeker. Alcino Izaaks, wat vleuel of heelagter kan speel, sien uit na die kragmetings.