Niks vreemd aan nuwe reisadvies vir Amerikaanse besoekers nieJune 11, 2025
Die Amerikaanse ambassade sê daar is niks vreemds aan die nuwe vlak 2 reisadvies wat deur die Trump-administrasie vir Namibië uitgereik is nie. Die Amerikaanse regering reik elke jaar nuwe reisadvies uit vir elke land in die wêreld en Namibië s’n het sedert 2023 onveranderd gebly. Dit raai reisigers aan om verhoogde versigtigheid uit te oefen as gevolg van gesondheids- en misdaadoorwegings. Namibië se huidige vlak is algemeen in baie lande wêreldwyd, insluitend lande soos die Verenigde Koninkryk, Frankryk en Duitsland. Dit beperk nie reis- of visumverwerking nie. Die ambassade sê verder dat die toegangsverbod wat onlangs op 12 lande ingestel is, sluit nie Namibië in nie.