Inflasie daal net in vervoer- en kommunikasie-kategorië

Die jongste verbruikersprys-indeks verslag is deur die Namibië Statistieke Agentskap vrygestel, en inflasie was in November 3 persent. Die hoogste verandering in die jaarlikse inflasiekoerse is gesien in die kategorieë ‘Hotelle, kafees en restaurante’ teen 5,6 persent en ‘Ontspanning en kultuur’ teen 5,5 persent. ‘Kos en nie-alkoholiese drankies’ het 5,3 persent opgegaan terwyl ‘Alkoholiese drank en tabak’ met 4,8 persent gestyg het. Die enigste kategorieë waarin inflasie gedaal het, was Vervoer met 3,5 persent en kommunikasie met 1,1 persent.