Moody’s hou SA op Ba2 met bestendige vooruitsig

Die graderingsagentskap Moody’s het Suid-Afrika se Ba2-gradering bevestig en ‘n bestendige vooruitsig behou. Hy sê die bevestiging dui op die land se sterkpunte, van kerninstellings soos die regbank en die sentrale bank, tot ‘n stewige eksterne posisie. Moody’s erken egter voortdurende uitdagings as gevolg van ongelykhede wat die vordering met hervorming strem, maatskaplike risiko’s aanvuur, en voortslepende strukturele beperkings plaas op ekonomiese groei. Dit volg nadat S&P Global verlede maand sy vooruitsig vir Suid-Afrika opgradeer het van bestendig na positief.