Landbou belangrik vir werkskepping: !GawaxabSeptember 20, 2024

Die goewerneur van die Bank van Namibië, Johannes !Gawaxab, het by die bank se jaarlikse simposium beklemtoon dat landbou ‘n belangrike aspek van werkskepping in die land bly. Hy het beklemtoon dis belangrik om die sektor te transformeer as ‘n kritieke strategie om ekonomiese groei te bevorder en produktiwiteit te verbeter. Dit sal ook honger bekamp en wanvoeding verminder. !Gawaxab sit die belangrikheid van werkskepping onder die landbousektor uiteen.