Eskom sê hy’t krag vir somer
Eskom het bekendgemaak hy verwag ‘n beurtkrag-vrye somer indien onbeplande verliese by kragstasies onder 13 000 megawatt bly. Die verbeterde vertoning van die steenkoolvloot, aangevuur deur die nutsmaatskappy se opwekkingsherstelplan, het gelei tot meer as 150 dae sonder beurtkrag. Uitvoerende hoof, Dan Marokane, het die media op die hoogte gebring oor die bedryfsprestasie. Hy sê bykomende opwekkingsvermoё wat in die komende maande aanlyn kom, sal die kragvoorsiening verder bestendig maak, en ‘n meer betroubare energietoekoms verseker: