Passasierskepe: Binnelandse sake staan Namport by
Namibië se hawens sal ‘n bykomende 65 passasierskepe tussen November vanjaar en Januarie 2027 verwelkom. Om die ervaring van toeriste te verbeter, veral dié wat op plesiervaartuie aankom, het die binnelandse sake-ministerie ‘n visum-by-aankomsdiens by Walvisbaai se hawe ingestel. Tussen Oktober 2023 en Junie vanjaar het 29 passassierskepe in Namibië vasgemeer, wat ongeveer 36 085 toeriste deur die hawens van Walvisbaai en Lüderitz gebring het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Cliff Shikuambi, die woordvoerder van Namport, wat sê hulle is baie opgewonde.