MTC tussentydse resultate wys matige winsJune 3, 2024

MTC het sy tussentydse finansiële resultate vir die tydperk geëindig 31 Maart vrygestel. Inkomste het met 5,91 persent tot 1,57 miljard Namibiese dollar gestyg, weens die vraag na hoëspoed- en waardetoegevoegde bestuurde dienste. ‘n Ongeouditeerde wins na belasting van 362 miljoen dollar is gerapporteer. Verdienste per aandeel was 48 sent. Verdienste voor rente, belasting, depresiasie en amortisasie het met 4,9 persent tot 700 miljoen dollar gedaal, van 734 miljoen dollar in dieselfde tydperk verlede jaar, weens stygings in direkte en bedryfskoste. MTC moes 59,7 miljoen dollar se agterstallige heffings wat aan die Kommunikasieregulerende Owerheid van Namibië, Cran, betaal. MTC sê hy fokus op die uitbreiding van sy veselnetwerk en die bekendstelling van ‘n nuwe diensaanbieding.