Top 1% van Britse verdieners veroorsaak 7x meer vervoeruitlatingsgasJune 3, 2024
‘n Klein deel van die Britte wat die meeste verdien, is verantwoordelik vir sewe keer meer kweekhuisgas-uitlatings met hulle reise en vervoer as die gemiddelde mens. ‘n Verslag van die links-leunende IPPR-dinkskrum het bevind die een-persent met ‘n gemiddelde salaris van minstens 3,8-miljoen Namibiese dollar per jaar, is verantwoordelik vir minstens sewe keer meer uitlatings as gemiddelde verdieners en13-keer meer as dié wat die minste verdien. ‘n Debat word gevoer oor of Brittanje ‘n heffing moet instel vir dié wat dikwels vlieg om die koolstof-intensiewe manier van reis te beperk.