DBV Otjiwarongo vir eers gesluit, sieklike diere van kant gemaakJune 19, 2025
Die komitee van die Dierebeskermingsvereniging het die skorsing van die Otjiwarongo-takbestuurder aangekondig hangende ‘n interne ondersoek. Dit kom na daar blykbaar verskeie klagtes was. Ondersoek is deur die Windhoek-tak ingestel en die skorsing het gevolg. Dus, is die DBV-tak in Otjiwarongo tydelik gesluit. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Silke van der Merwe, die direkteur van die DBV.
Diere by die fasiliteit, wat sieklik was is van kant gemaak en gebrand. Van der Merwe verduidelik.