Twee OR Tambo werkers vas vir dwelmvonds in Australië

Twee werknemers van die Suid-Afrikaanse Lughawensmaatskappy is onder vyf verdagtes wat gister by die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem weens vermeende dwelmhandel. Die inhegtenisnemings hou verband met ʼn besending dwelms waarop Australiese owerhede onlangs beslag gelê het. Die Valke se woordvoerder, Katlego Mogale, sê die verdagtes staar aanklagte van dwelmhandel, oortreding van die Wet op Burgerlugvaart en oortreding van die Wet op Doeane en Aksyns in die gesig: