Spaar water, Windhoekers!
Die Stad Windhoek waarsku inwoners dat hulle dringend moet water bespaar, aangesien die weeklikse teiken weer oorskrei is, hierdie keer met 28 persent. Die stad beleef kategorie C-waterskaarste en daar moet 10 persent water bespaar word om die teiken te bereik. Inwoners word versoek om nie meer as 50 liter water per persoon per dag te gebruik nie. Inwoners moet ook ondersoek instel na moontlike water-lekkasies op hul eiendom en die stad dadelik in kennis stel indien daar probleme met hul waterpype is. Die stad se webwerf gee water-besparingswenke en inwoners moet hulself daarvan vergewis.