Blinken vergader met Arabiese lande

Die Amerikaanse diplomaat Antony Blinken gaan in Jordanië samesprekings hou met die Buitelandse Sake-ministers van vyf Arabiese lande wat toenemende kommer en woede uitgespreek het oor die burgerlike dodetal in die konflik in Gaza. Blinken is sonder veel vordering uit Israel weg nadat hy die leiers gevra het vir “humanitêre onderbrekings” om die vrylating van gyselaars moontlik te maak, en toe te laat dat hulp versprei kan word aan Gaza se beleërde bevolking. Intussen maan die leier van Libanon se Iran-gesteunde Hezbollah-groep dat die konflik kan uitkring tot ‘n streeksoorlog as Israel se aanslag op Gaza nie beëindig word nie.