Trein ry oor man naby Tsumeb
Die polisie op Tsumeb sê dat ‘n TransNamib-trein bo oor ‘n man wat op die spoor gelê het, gery. Volgens die mag het die insident laat Dinsdagaand plaasgevind. Die trein het Tsumeb verlaat in die rigting van Otavi. Die drywer het om die draai gekom, ongeveer 10 kilometer van Tsumeb en iets op die spoor gewaar. Teen die tyd wat hy besef het dit is ‘n mens, kon hy nie betyds die trein stop nie. Die oorledene is tussen die ouderdom van 30 en 40 en sy identiteit is onbekend. Dit is ook nie bekend of hy gelewe het toe die trein oor hom gery het nie. ‘n Lykskouing sal gehou word en die ondersoek duur voort.