Charles moet jammer vir Keniaane sêOctober 31, 2023
Die Keniaanse Menseregtekommissie doen ‘n beroep op koning Charles om ondubbelsinnig ‘n openbare verskoning oor koloniale misbruike uit te reik wanneer hy met sy staatsbesoek aan die land begin. Charles en koningin Camilla onderneem ‘n vierdaagse reis na die Oos-Afrikaanse land, wat sy eerste besoek aan ‘n lidland van die Statebond is sedert hy die troon bestyg het. Volgens die kommissie moet die verskoning die hele koloniale tydperk van 1895 tot 1963 dek. Hulle eis verder doeltreffende vergoeding vir gruweldade wat teenoor verskillende groepe in Kenia gepleeg is.