Kaapstad slaan toe teen bendes
Wetstoepassers van die Stad Kaapstad tree beslissend op om die bende-oorlog op die Kaapse Vlakte te ontlont. Hulle het lede van die stad se Wetstoepassing-bevorderingsplan ontplooi, wat saamwerk met die polisie- en Metro-polisie-eenhede, sowel as ‘n hommeltuig-span, in teenmisdaadoperasies wat beheerpunte en deursoekings insluit. Die stad sê, die onlangse arrestasie van gewapende bendelede beklemtoon hoe belangrik dit is om die bronne van die wapens af te sny. Danksy dIe bykomende personeel was daar minder skietvoorvalle. DIe stad sê die ontplooiing sal voortduur, met die doel om vrede in die gemeenskappe wat geraak word, te herstel.