Joodse ANC-woordvoerder bedank uit party

Die ANC-Vroueliga se woordvoerder in Gauteng sê sy het uit die party bedank omdat daar nie plek is vir ‘n trotse Jood in die ANC nie. Gabriella Farber sê dit het gevolg ná verskeie mislukte pogings om partyleiers te vra om te verduidelik waarom die ANC nie Hamas se aanvalle op Israel veroordeel nie. Sy sê sy het beklemtoon die veroordeling van Hamas se gruweldade sal nie die ANC se steun vir die Palestynse saak uitverkoop nie. Farber vra hoekom ‘n party wat hom vir menseregte beywer weier om erkenning te gee aan die pynlike skendings van haar mense.