Diplomatieke herrie tussen Kanada, Indië duur voort

Kanada het 41 van sy diplomate uit Indië onttrek weens ʼn geskil oor die moord op ʼn Sikh-separatisteleier, Hardeep Singh Nijjar. Die 45-jarige man is in Junie buite ʼn Sikh-tempel in Brits-Columbië doodgeskiet. Indië het gedreig om die diplomate se amptelike status vandag eensydig terug te trek indien hulle sou bly. Die Kanadese eerste minister, Justin Trudeau, sê daar is geloofwaardige bewyse van ʼn moontlike skakel tussen Indiese agente en Nijjar se moord. Indië ontken die bewerings en beskryf dit as absurd. Kanada se minister van Buitelandse sake, Melanie Joly, sê 21 diplomate bly in Indië agter.