Britte gee N$229 miljard se hulp vir Palestina
Die Verenigde Koninkryk se eerste minister, Rishi Sunak, het nog 229 miljoen Namibiese dollar se humanitêre hulp vir burgerlikes in Palestina aangekondig. Dit is in reaksie op die verslegtende humanitêre situasie in Gaza weens die konflik. Die befondsing sal Britse vennote in staat stel om noodsaaklike voorrade en dienste te lewer. Dit sluit kos, water en noodskuiling in, afhangende van die behoeftes wat bestaan. Sunak sê ʼn ernstige humanitêre krisis is besig om te ontvou en Palestyne moet ondersteun word omdat hulle ook Hamas se slagoffers is.