Biden maak vir die eerste keer melding van Gaza-inwoners

Amerikaanse president Joe Biden het vir die eerste keer in ‘n week van oorlog in die Midde-Ooste, melding gemaak van die burgerlikes in Gaza. Hy het in Philadelphia ‘n toespraak oor sy Bidenomics-program gelewer. Hy sê ten spyte van die feit dat die VSA hom skaar by Israel, kry die inwoners van Gaza uiters swaar.