Proteas vat wedstryd teen Aussies
Suid-Afrika het Australië met 134 lopies verslaan om hul perfekte begin van die Eendag-Wêreldbeker-veldtog in Lucknow, Indië, voort te sit. Die Proteas het 311 vir sewe aangeteken, met die speler van die wedstryd Quinton de Kock wat 109 aangeteken het; sy tweede agtereenvolgende honderdtal in soveel wedstryde. Australië, wat nog geen oorwinning in die toernooi kon behaal nie, is vir 177 uitgeboul, en het daarmee hul grootste nederlaag nóg in Wêreldbeker-geskiedenis gely. Die Protea-kaptein, Temba Bavuma, sê hy is trots op hoe klinies hulle met beide die kolf én bal was: