Israel erken foute, word beskuldig van die gebruik van chemiese wapens
Die Israelse weermag het mislukkings erken in die voorkoming van aanvalle deur die Hamas-militante groep. Minstens 150 gyselaars is na Gaza geneem tydens Hamas se dodelike aanvalle verlede naweek in Israel, waarin 1 300 mense omgekom het. Meer as 1 600 mense is in Gaza dood sedert Israel met vergeldings-lugaanvalle begin het, terwyl 338 000 mense ontheem is. Die Israelse weermag sê, sowat 6 000 bomme is tot dusver op die Gaza-strook gegooi, met plofstof wat altesaam tot sowat 4 000 ton weeg. Human Rights Watch sê Israel gebruik wit fosfor op sy grens met Libanon, wat ‘n oorlogsmisdaad is. Hy sê dit is geverifieer.