Doen iets aan bejaardes se veiligheid, hoor NV

PDM parlementslid Jan van Wyk sê misdade wat bejaardes en kwesbares teiken het normale praktyk in Namibië geword. Bejaardes wat die maandelikse ouderdomstoelae ontvang, word voortdurend deur misdadigers geteiken op die dae wat hulle hul toelae by NamPost en betaalpunte regoor die land afhaal. Van Wyk het in die Nasionale Vergadering gesê die veiligheid van bejaardes word tans ondermyn deur misdadigers en dit moet nie geduld word nie. Hy sal dus veiligheid-minister Albert Kawana die volgende vrae vra.