Hengari verdedig (weer) vir Geingob
Die woordvoerder van die Presidensie Alfredo Hengari het terugvoer aan die media gegee oor President Hage Geingob se twee-week lange besoek aan Europa en toe New York. Hy het, soos oudergewoonte, Geingob se lofliedere gesing. Hy sê Geingob se ampstermyn was van die moeilikste ooit, as gevolg van uitdagings wat buite die land se beheer is.