‘Giftige’ koekies stook gemeenskap opOctober 4, 2023

Die speaker van die stadsraad van Johannesburg, Colleen Makhubele, doen ‘n beroep op die gemeenskap van Naledi, Soweto, om kalm te bly nadat vier kinders siek geword het nadat hulle na bewering giftige koekies geëet het wat by buitelanders se nabygeleë spaza-winkel gekoop is. Twee jong seuns is intussen dood, terwyl nog twee in ‘n bedenklike toestand in die hospitaal is. Makhubele het die betrokke gesinne besoek om haar medelye oor te dra. Sy doen ‘n beroep op die gemeenskap om hulle van geweld te weerhou terwyl die ondersoeke voortgaan.