Burkina se junta sê hy weer staatsgreep af

Burkina Faso se militêre junta sê ‘n staatsgreeppoging is deur veiligheids- en intelligensiedienste gedwarsboom, sonder om besonderhede te verskaf oor wat gebeur het. In ‘n verklaring sê die junta, beamptes en ander het saamgespan om die land te destabiliseer met die voorneme om die instellings van die republiek aan te val. Niemand is geïdentifiseer nie, maar arrestasies is uitgevoer. Vier mense is aangehou en twee is op vlug. Die junta is ‘n jaar in beheer van Burkina na sy eie staatsgreep.