By verre meeste Namibiërs ‘kwalifiseer nie vir huislenings’

Die Populêre Demokratiese Beweging se president, McHenry Venaani sê 89 persent van Namibiërs kwalifiseer nie vir konvensionele huislenings nie en kan nie toegang tot kommersiële behuising kry nie. Venaani het gepraat by die party se behuisingskonferensie in die hoofstad. Venaani het beklemtoon dat meeste mense nie toegang tot kommersiële behuising kan kry nie, ‘n situasie wat volgens hom die regering gedwing het om jaarliks 12 000 nuwe informele huise te bou. Dit is egter ‘n reuse-onderneming en daar is ‘n agterstand van tot 110 000 huise, wat hy hoofsaaklik toeskryf aan die stadige pas in die aanbod van huise en vinnig stygende vraag as gevolg van die groeiende aantal stedelike huishoudings.