Adjunkminister lê klem op waarde van tegniese onderwysSeptember 26, 2023
Die hoër onderwys-adjunkminister Natalia /Goagoses sê die oortuiging dat tegniese onderwys minder belangrik is as akademiese onderwys is nie waar nie, aangesien dit die sleutel tot enige land se ontwikkeling is. /Goagoses het tydens die amptelike opening van die derde nasionale vaardigheidskompetisie in Ongwediva gesê alle ontwikkelde lande is deur hul tegnies-geskoolde samelewing ontwikkel, en “waarom Namibië steeds onderontwikkel is, is omdat ons tegniese onderwys tweede stel.” Sy beklemtoon dat tegniese en beroepsopleiding ‘n kragtige instrument kan wees om ekonomiese groei en ontwikkeling te ondersteun, beide op individuele en gemeenskapsvlak.