Emosionele skade van aanlyn-bedrog ‘groter as finansiële skade’
Kuber-bedrog op sosiale media is alweer ‘n besprekingspunt nadat talle Namibiërs onlangs finansiële skade gely het weens skelmstreke op veral Telegram. Volgens KnowB4, ‘n internasionale platform vir opleiding in aanlyn-sekuriteitsbewustheid, kan die wete dat mens in ‘n bedrogspul gevang is vele emosies ontketen, en slagoffers vat veel langer om van die emosionele skade te herstel as van die finansiële skade. Die sielkundige Dr. Shaun Whittaker het meer met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.