Bruinmense se geskiedenis in nuwe boek ondersoek
Die Suid-Afrikaanse skrywers Tessa Dooms en Lynsey Ebony Chutel het ‘n boek uitgegee met die naam Coloureds, wat vooroordele uitdaag oor die erfenis en kultuur van bruinmense in die land. Dooms sê die boek ontgin die ingewikkelde geskiedenis van bruinmense, en gaan hulle herkoms na as afstammelinge van inheemse Afrikane, wie se identiteit aansienlik gevorm is deur kolonisasie. Sy sê bruinmense het ‘n ryk en ingewikkelde geskiedenis wat dikwels verontagsaam of verkeerd verstaan word: