Nienaber maak 13 aanpassings aan Bokspan vir Ierland
Die Springbok-afrigter, Jacques Nienaber, het 13 veranderings aangebring aan die groep van 23 vir hul belangrike Wêreldbeker-kragmeting Saterdag teen Ierland in Parys. Spelers soos kaptein Siya Kolisi, Pieter-Steph du Toit, Faf de Klerk, Cheslin Kolbe, Damian de Allende en Manie Libbok keer almal terug na die beginspan. Die slot Eben Etzebeth is ook terug na die skouerbesering wat hom teen Skotland van die veld gedwing het. Nienaber het ‘n sewe-een-verdeling gekies ten gunste van die voorspelers op die plaasvervangersbank.