Proteas het nog een kans vandag
Die Proteas het vandag hul laaste kans om die eendagreeks teen Australië te red, nadat hulle die T20-reeks 3-nul verloor het. Die spanne skuif na Potchefstroom vir die derde eendagwedstryd nadat die besoekers die eerste twee wedstryde gewen het, beide in Bloemfontein. Australië het die eerste kragmeting met drie paaltjies gewen en die tweede met ‘n reuse 123 lopies. Heinrich Klaasen van die Proteas sê hulle moet die basiese dinge reg kry as hulle enigsins ‘n kans wil staan om vandag te wen: