NWR spreek sy kommer uit oor aanvalle op toeriste

Namibia Wildlife Resorts het sy kommer uitgespreek oor die veiligheid van sy gaste. Dit kom na twee groepe toeriste by die BoPlaas-kampterrein beroof is. Die voorval het langs die Oranjerivier plaasgevind. Die NWR se woordvoerder, Nelson Ashipala, het bevestig die betrokke toeriste, plaaslik sowel as van Suid-Afrika, is vir veiligheid na die dorp, Rosh Pinah, vervoer. Ashipala berig ook ongeveer ses ander rooftogte is die naweek langs die kus en in Windhoek aangemeld: