Vernederend dat Afrika so op Oekraïne, Rusland vir kos staatmaak

Afrika-afgevaardigdes het verenig om oplossings te vind wat gemik is op voedselsekerheid regoor die vasteland op die onlangs-afgehandelde Africa Food Systems-spitsberaad in Tanzanië. Die afvaardiging het konsensus bereik oor praktiese optrede en oplossings wat Afrika se pogings sal aanvuur om voedselsekerheid te bereik. Die voormalige eerste minister van Ethiopië, Hailemariam Desalegn Boshe, sê dit is vernederend vir Afrika om onvoldoende bevind te word wat betref voedselproduksie en -sekerheid: