Nedbank teken eksepsie aan teen Danie Botes se verdediging

Die saak waar Nedbank betaling van amper 2,7 miljoen Namibiese dollar by die bekende Lared Brahman-stoetteler, Danie Botes eis, is vandag weer voor regter Shafimana Uietele. In sy stukke sê die bank, Botes het in Mei verlede jaar, agterstallig geraak op die betaling van twee lenings by die bank. Volgens die bank, is Botes se 6 000-hektaar plaas Ongoro-Gotjari in die Khomas-streek as sekerheid aangebied en dus eis die bank ook die grond. Die partye het blykbaar gepoog om te skik maar dit was onsuksesvol en Botes verdedig nou die saak. Dit is op 24 Augustus vir bemiddeling gestuur maar geen verslag is in die verband voorsien nie. Bank Windhoek het intussen ook eksepsie aangeteken teen Botes se pleitstukke en sê dit is vaag. Die saak kom voor vir ‘n statusverhoor.