Baie, regtig baie op die spel vir Harris by Flushing Meadows

Daar is vandag baie meer as trots op die spel vir Lloyd Harris van Suid-Afrika wanneer hy in die tweede ronde van die Amerikaanse Ope te staan kom teen die eerste-gekeurde Spanjaard, Carlos Alcaraz. Indien Harris die verdedigende kampioen klop, sal hy ‘n tjek van 3,5 miljoen Namibiese dollar ontvang. Hy het Guido Pella van Argentinië in die eerste ronde uitgeskakel terwyl Alcaraz se teenstander, Dominik Koepfer van Duitsland, in die tweede stel weens ‘n besering onttrek het. Harris se beste vertoning op Flushing Meadows was in 2021 toe hy die kwarteindronde gehaal het.