DA-leier: Vrylating van Zuma is manipulerend
DA-leier, John Steenhuisen, sê die besluit om oudpresident Jacob Zuma uit die tronk vry te laat, is sinies en manipulerend. Hy sê President Cyril Ramaphosa het die regsorde ondermyn deur Zuma om politieke redes uit die tronk te hou. Steenhuisen sê dit wys waarom die ANC-regering vervang moet word.