Kaapstad weier om met taxi-mafia te onderhandel

Die Stad Kaapstad en nasionale regeringsamptenare is vasgevang in ‘n geskil te midde van die voortgesette gewelddadige taxi-staking wat chaos in Kaapstad veroorsaak. Onderhandelings vind nog plaas en dis nie duidelik wanneer die staking, wat veronderstel was om vandag te eindig, sal klaarmaak nie. Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, weier om te onderhandel met wat hy noem die “taxi-mafia” wat vir die geweld verantwoordelik is, en is van mening dit is verkeerd vir die regering om met hulle in gesprek te tree. Hill-Lewis hou ook vol die taxi’s word wettig geskut: