Duitse LP sê Duitsland moet sy stilte oor volksmoord-dialoog verbreek
Sevim Dagdelen, lid van Linkse Party van die Duitse Bundestag en woordvoerder van die Komitee oor Buitelandse Sake, het haar kommer uitgespreek oor die gebrek aan dialoog tussen Duitsland en Namibië om die Herero-Nama-volksmoord aan te spreek. Sy sê geen vergaderings het sedert die einde van verlede jaar tussen verteenwoordigers van die Duitse en Namibiese regerings plaasgevind nie. Dagdelen sê die Duitse regering moet ook met die geraakte gemeenskappe in gesprek tree. Kosmos 94.1 Nuus het met Sima Luipert, ‘n lid van die tegniese komitee van die Nama Tradisionele Leiersvereniging, gesels.