Veediewe slaan toe net buite WindhoekAugust 7, 2023
Veediefstal duur voort, en so ook stropery. Die Namibiese polisie sê daar is oor die naweek vyf bees by plaas Omitara in die Windhoek-distrik gesteel. Die diere is blykbaar doodgeskiet teen die draad. Drie is onmiddellik geslag en in ‘n onbekende voertuig gelaai met ‘n ander wat vrek aangetref is en die laaste, gewond gevind is. Die waarde word op 92 000 Namibiese dollar beraam. Daar is nog geen arrestasies gemaak nie en die ondersoek duur voort. Intussen op Otjiwarongo, is vier Namibiese mans agter tralies na hulle gevind is met ‘n 306-jaggeweer met ‘n klankdemper en agt rondes ammunisie. Die mag vermoed die vier is betrokke by stropery, veral omdat daar met die geweer gepeuter is. Die vier sal vandag in die hof verskyn terwyl die geweer vir ballistiese toetse gestuur word.