Russiese aanval is terreurdaad – Zelensky

Minstens ses mense, insluitend ‘n kind, is dood en meer as 60 beseer  ná ‘n Russiese missielaanval op die sentrale Oekraïnse stad Kryvyi Rih. Dit is die tuisdorp van President Volodymyr Zelensky. Die lugaanval volg terwyl Rusland sy aanvalle op Kiëf verskerp het, in reaksie op die hommeltuigaanvalle op Moskou die naweek en weer Maandag. Zelensky het die jongste aanval as ‘n Russiese terreurdaad beskryf. Die Verenigde Nasies beraam 25 671 burgerlikes is reeds dood sedert Rusland se inval in Oekraine verlede jaar.