DA nader Menseregtekommissie oor Ekurhuleni-kragkrisis
Die DA in Gauteng sê hy het ‘n klag by die Menseregtekommissie gelê, aangesien hy wil hê die ANC/EFF-bestuur in Ekurhuleni moet aanspreeklik gehou word vir die voortslepende elektrisiteitskrisis wat húlle geskep het. Michele Clark van die party sê om vir 50 dae sonder krag te wees met besighede wat vir dae aaneen moet sluit, is nie aanvaarbaar of volhoubaar nie. Sy sê hulle het ‘n petisie begin wat aan die ministers van Elektrisiteit en Samewerkende Regering en Tradisionele Sake voorgelê sal word: