Erge koue kan doodskoot wees vir sprinkaan eiersJuly 31, 2023

Die afgelope koue sal wel ‘n negatiewe impak hê op die oorblywende sprinkaan eiers wat nog in die grond is. Die swak reënval in die afgelope seisoen het verhoed dat die voorspelde plaag voorgekom het maar, die eiers kan lank oorleef en weer in die lente uitbroei. Kosmos 94.1 Nuus het met die buurland se kenner in die gebied, dr. Gerhard Verdoorn gepraat oor wat voorlê en hy meen enigiets is moontlik.