Varkboere gryp nie geleentheid aan nie
Die Vleisraad van Namibië sê die land is genoodsaak om ten minste 60 persent van sy varkvleisbehoeftes in te voer, ondanks die feit dat 11 363 varke in die tweede kwartaal geslag is om ‘n totaal van 1 108 ton varkvleis te produseer. In sy jongste verslag sê die raad plaaslike produksie kon slegs aan 40,4 persent van die vraag voldoen en 1 631 ton is ingevoer. Die raad sê dit is betreurenswaardig omdat verwagtinge was dat produksie plaaslik sal toeneem as gevolg van die voortdurende verbod op die invoer van varkvleis veral uit Suid-Afrika.