Staatseiendom word opsetlik beskadig – Malema
Die leier van die EFF, Julius Malema sê die uitdagings wat die land in die gesig staar is nie slegs die ineenstorting van die ekonomie nie, maar daar is opsetlike vernietiging van staatsinstellings. Hy het by die party se tiende verjaardagdinee by Emperors Palace in Johannesburg gepraat. Malema sê daar is mense wat daarop uit is om kragopwekking te privatiseer ter wille van winste wat slegs ‘n paar mense bevoordeel: