Seun, 16, vas vir ‘gewelddagige’ verkragting van meisie, 6
’n 16-jarige seun is agter tralies omdat hy na bewering ’n ses-jarige meisie by die Uukwanampembe-nedersetting in die Omusati-streek se Tsandi-kiesafdeling gewelddadig verkrag het. Volgens die Namibiese polisie se Omusati-bevelvoerder, kommissaris Ismael Basson, het die voorval na bewering Woensdagaand plaasgevind. Basson sê die arrestasie kom ure nadat ‘n 51-jarige man by Eendombe-dorpie, ook in die Omusati-streek, in hegtenis geneem is vir die beweerde verkragting van sy 16-jarige biologiese dogter. Ondersoeke in beide sake duur voort.