Ombud sê maatskaplike behoeftes moet aandag in begroting ontvang

Die Namibiese ombudsman Basilius Dyakugha sê hy ondersteun die inisiatief om ‘n oorsig van die begrotingsbesteding in streke te doen, maar meer aandag moet aan maatskaplike kwessies gegee word. Die minister van finansies Ipumbu Shiimi gaan saam met die Nasionale Beplanningskommissie ‘n omvattende oorsig van die middeltermyn begroting in verskeie streke regoor die land doen. Kosmos 94.1 Nuus het met Dyakugha gesels wat sê daar moet na gemeenskappe se behoeftes geluister word wanneer hulle geraadpleeg word…